Description
As jy mooi beplan – sal meeste van die resepte ook nie jou kombuis te veel omkrap nie – die resepte is goed getoets, eenvoudig maar tog interesant.
Die boek bevat resepte vir onthaal en spesiale geleenthede, elke dag familie etes , vegetariese resepte asook lekker vinnige geriefs maaltye vir wanneer jy baie vinnig n maaltyd aanmekaar moet slaan.
Daar is ook resepte vir nageregte, bykosse en “pantry staples” plus spyskaart beplannings wenke.
Die resepte werk uitstekend en die pragtige foto’s sal jou beslis inspireer om te kook!
Dit is beslis n boek wat hoort op enige kosliefhebber se rak.